IAN DE BRUYN -PhD

Ian de Bruyn het in sy vroeë twintigs ’n passievolle verhouding met die Here ontwikkel, wat hom geïnspireer het om kort dagstukkies te begin skryf. Hierdie skryfwerk het mettertyd natuurlik oorgevloei na die skryf van boeke.

Hy is gebore in ’n klein plattelandse dorpie aan die kus van Namibië, waar hy die grootste deel van sy laerskooljare deurgebring het. Daarna het sy ouers na Gauteng in Suid-Afrika verhuis — destyds nog bekend as Transvaal — waar hy tans woonagtig is.

Ian beskik oor ’n PhD graad in Teologie en het deur die jare verskeie ander geestelike verrykingskursusse by verskillende instansies voltooi.

Kontak Ian de Bruyn