DAGSTUKKIES
Weeklikse, insiggewende dagstukkies kan hier gelees word — ’n bron van hoop en bemoediging, met die wete dat daar steeds iets is om aan vas te hou in hierdie gebroke wêreld.
Ek glo vas dat wanneer ’n mens jou gedagtes besig hou met die dinge van die Here, daar minder ruimte is vir negatiewe invloede om wortel te skiet.
Dit is soveel meer opbouend om jou tyd te vul met bemoedigende dagstukkies as om jou gedagtes deurentyd te oorlaai met negatiewe nuus en onnodige bekommernis.
Die laaste dag langs die pad
Bartiméüs sit langs die pad wanneer Jesus uit Jérigo vertrek. Markus stel hom eenvoudig aan ons bekend: hy is blind, en hy bedel. Sy plek in die verhaal is letterlik langs die pad. Ander mense loop; hy sit. Die skare beweeg saam met Jesus; Bartiméüs bly waar...
Hoop Op die HERE
Psalm 131 is een van die kortste psalms. Net drie verse. Tog is dit een van die diepste beskrywings van die gelowige se verhouding met die Here. Dit is nie 'n psalm van groot dade of buitengewone ervarings nie. Dit gaan oor die stil werk wat God in 'n mens...
Meer sonde as wat jy dink
Waar Lukas ‘n maaltyd in Lukas 7 beskryf, trek twee mense onmiddellik ons aandag. Die een is Simon, die Fariseër wat Jesus genooi het. Die ander is die vrou wat as 'n sondares in die stad bekend was. Tog laat Jesus nie toe dat die gesprek by een van hulle...
Toe die aanklaer stilgemaak is
Daar is gedeeltes in die Skrif wat vir ons wys hoe groot die implikasie van sonde is. Dan is daar gedeeltes wat vir ons wys hoe groot die hart van God is. Sagaria 3 begin nie by 'n mens wat na God soek nie, maar by God wat Homself openbaar aan 'n sondaar wat...
‘n Krummel is genoeg
Wanneer ons die Evangelies lees, is dit maklik om die aandag te vestig op die wonderwerke. Ons sien die genesing, die bevryding of die menigte wat versadig word, en die verhaal eindig vir ons by die uitkoms. Markus vertel egter dikwels meer as net wat Jesus...
Die Brood wat God gee
Die versteekte wonder in Johannes 6 begin met die kragtige bewoording in ver 4 wat sê: "En die pasga, die fees van die Jode, was naby." Dit klink na 'n eenvoudige tydsaanduiding, maar in die Evangelie van Johannes is daar geen toevallige besonderhede nie....
My Genade Is Vir Jou Genoeg
Daar is sekere gebede wat uit die diepste kamers van die menslike hart kom. Dit is nie die vinnige gebede wat ons bid voor 'n ete of wanneer ons dag begin nie. Dit is die gebede wat gebore word uit pyn, teleurstelling en worsteling. Dit is die gebede wat ons...
Die Hemel Dra nou ’n Menslike Hart
Lukas 24:51 sê:“En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.” Op daardie oomblik was daar stilte op daardie berg. Nie die soort stilte wat leeg gevoel het nie, maar die soort wat swaar gehang het van Sy heilige...
Ek sal haar weer liefhê
Daar is min hoofstukke in die Bybel wat die hart van God só oopbreek soos in die boek Hosea hoofstuk 3. Nie omdat dit groot wonderwerke beskryf of omdat daar vuur uit die hemel val nie, maar omdat ons hier iets sien wat amper té heilig voel om na te kyk: die...
Moenie Jou Hart Aan Vrees Oorgee Nie
Daar is tye in ’n mens se lewe waar dinge gebeur wat jy nie altyd kan verstaan nie. Oomblikke waar die atmosfeer swaar voel, waar jou gedagtes begin hardloop en waar vrees stilletjies probeer inkom en wortelskiet in jou hart. Dit is juis hoe die vyand werk —...
Meer as net swart Woorde op wit papier
Ek het onlangs ’n eerlike vraag van iemand gekry wat ek net bietjie wil oopbreek. Die persoon het gevra hoe ’n mens ophou om net na “swart woorde op wit papier” te kyk wanneer jy die Bybel lees, en hoe jy werklik dieper begin sien, soos ’n driedimensionele...
Die gewig wat jou hart vashou
“Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Daar is iets in die mens wat vasklou. Ons hou vas aan dit wat vir ons sekuriteit gee — aan wat ons kan sien, beheer en op bou. Soms is dit geld of status, en soms is dit net die behoefte om seker te...
Wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie
Daar is ’n heiligheid aan die huwelik wat baie mense vandag nie meer raaksien nie.Dit het stilweg begin verdwyn. Nie oornag nie, maar stadig. In die manier hoe ons praat oor liefde, hoe maklik ons met verhoudings opgee, en hoe egskeidings ‘n normaliteit...
Die Pad na Ware Vryheid
Ek het na ’n preek geluister, en dit het gevoel asof ek self daar voor staan en preek, amper soos een van my beraadingsessies gevoel. Dit was woord vir woord wat ek dikwels in my eie sessies deel, en dit is wat my gedruk het om hierdie dagstukkie te skryf....
Wanneer ’n hart na God roep en Hy antwoord
Ons leef in ’n wêreld waar dinge soms onseker en swaar voel, waar ons harte maklik vol vrae raak oor wat ons rondom ons sien en beleef. Tog bly een waarheid onveranderd: God het nie verander nie. Hy is steeds getrou, steeds regverdig, en steeds naby aan...
Vasgeanker in die Liefde van God
Daar is iets besonders aan die woorde van Jakobus. Dit sny deur oppervlakkigheid en bring ons reguit na die hart van God. Jakobus 1 begin nie met ’n sagte uitnodiging nie, maar met ’n oproep tot ’n dieper, sterker, meer standvastige geloof. En tog, onder...
’n Hart wat vorm, en ’n Lewe wat weerspieël
Die brief aan Titus is kort, amper maklik om oor te sien. Maar binne hierdie paar hoofstukke lê daar ’n diep, kragtige uitnodiging: om nie net oor God te praat nie, maar om Sy hart sigbaar te leef. Titus was nie net ’n leier nie; hy was ’n draer van orde,...
Die Stilte in Judas
Ons praat maklik oor Judas. Ons ken sy naam as sinoniem vir verraad. Sy storie word vinnig vertel, vinnig geoordeel, en vinnig afgesluit. Maar wat as daar iets in Judas se verhaal is wat ons eerder stil moet maak as vinnig laat praat? Wat as Judas nie net...
Jy kan reg vas… en steeds die punt mis
Nadat ’n paar persone my al genader het oor onduidelikheid oor vas, het ek dit goed gedink om eerder terug te gaan na die Woord en dit deeglik te ondersoek, om seker te maak dat dit wat ek sê, werklik Woord-gefundeerd is. Jy kan al die reëls volg, presies...
Wanneer die waarheid verdraai word
Van die begin af was dit die vyand se strategie—nie om iets heeltemal nuuts te skep nie, maar om dit wat God gesê het, subtiel in Génesis 3:1 te verdraai. In die tuin het hy nie met ’n openlike aanval gekom nie, maar met ’n vraag: “Is dit ook so dat God gesê...
Gebou deur Genade, Gedra deur Liefde
Efésiërs 2 is ’n hoofstuk wat soos ’n sagte maar deurdringende fluistering van God se hart deur die mens se gebroke werklikheid sny. Dit begin met die rou waarheid van wie ons was, dood in ons oortredings en sondes, en eindig met die wonderlike openbaring...
By die Bad van Betésda: Wanneer God jou raak sien
Daar lê hy al jare. Die Woord vertel van ’n man wat al agt-en-dertig jaar lank siek was. Agt-en-dertig jaar van wag. Agt-en-dertig jaar van hoop wat stadig begin vervaag het. Hy lê by die bad van Betésda, saam met ander—blindes, kreupeles, lam mense—almal...
Jou gedagtes beperk God se wil vir jou lewe
Spreuke 23:7: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” Ons praat maklik oor geloof. Ons sing daaroor. Ons bid daaroor. Ons skryf dit op statusse en wens dit vir mekaar toe. Maar as jy eerlik met jouself raak—regtig eerlik—dan besef jy iets ongemaklik: ’n...
Vir Wie Doen Jy Dit?
Sagaria 7:5 “As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?” Daar is iets ontstellend eerlik in hierdie vraag van die Here. Dit sny sag, maar diep. Nie met...
Wat as God nie perfeksie soek nie?
Daar is ’n stil oortuiging wat baie van ons dra, en dit is die idee dat geestelike groei beteken om beter te wees, harder te probeer en minder te faal. Ons dink dit gaan oor dissipline, oor reg optree, en om eers “reg” te wees voordat ons werklik naby aan...
Wanneer die Gees Beweeg
Daar is oomblikke in ’n mens se lewe waar alles stil raak. Nie ’n vredevolle stilte nie, maar ’n swaar, drukkende stilte. Die soort stilte wat kom wanneer drome doodgaan, wanneer hoop uitrafel, wanneer jy begin wonder of God jou nog sien. Dis in daardie plek...
Wanneer Jou Hart Weer Sag Word
Daar is ’n plek diep binne jou — ’n stil plek wat jy nie maklik vir mense wys nie. Dis nie die plek van jou glimlagte, jou sterk voorkoms, of jou “ek’s okay” nie. Dis die plek waar jy snags wakker lê, waar jy voel jy kortkom. En as jy eerlik is… dis ook die...
Meer as net blare
Matteus 21:18–19 sê: “En vroeg in die môre toe Hy na die stad teruggaan, het Hy honger geword. En Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarheen; maar Hy vind niks daaraan nie as net blare, en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou in ewigheid geen vrug meer...
Die Voetspore van ’n Ware Mentor
Baie mense soek vandag ’n mentor. Iemand wat kan wys hoe om te leef, hoe om besluite te neem, hoe om sukses te behaal en hoe om deur die lewe se uitdagings te beweeg. ’n Mentor is gewoonlik iemand na wie jy opkyk, iemand wie se lewe vir jou rigting gee. Maar...
Ek het julle liefgehad
Daar is sekere sinne in die Bybel wat ’n mens nie vinnig moet lees nie. Jy moet daarby stilstaan en stadig in jou hart laat insak. Een van daardie sinne staan heel aan die begin van die boek Maleági. Dit is nie ’n lang preek of ’n ingewikkelde waarheid nie,...
Waar die Wind van God Waai
Daar was ’n oggend in Jerusalem wat die wêreld vir ewig verander het. Nie met die geluid van trompette of die optog van konings nie, maar met die asem van God. In ’n eenvoudige bovertrek het ’n groep gewone mense gewag. Hulle harte was vol herinneringe....
Water Wat ’N Graf Word
Daar is oomblikke in ’n mens se lewe wat nie net ’n nuwe hoofstuk oopmaak nie, maar die vorige een onherroeplik toemaak. Die doop is so ’n oomblik. Dit is nie ’n geestelike byeenkoms of ’n mooi ritueel wat ’n innerlike besluit bevestig nie. Die doop is ’n...
Vir ’N Tyd Soos Hierdie
Die boek Ester is stil. Ongewoon stil. God se Naam word nie genoem nie. Geen stem uit die hemel breek die spanning nie. Geen wonderwerk word aangekondig nie. En tog, wanneer die laaste hoofstuk verby is, bly net een eerlike gevolgtrekking oor: God was in...
Wanneer God In Stilte Werk
Daar is Bybelboeke wat skree met wonderwerke, en dan is daar Rut — ’n boek wat fluister. Geen vuur uit die hemel of ’n see wat oopgaan nie, net gewone mense en ’n God wat so diep in die agtergrond werk dat jy Hom amper miskyk. En tog, as jy mooi kyk, sien...
Die goeie deel
Jesus het ingegaan. Nie met trompet geblaas of aankondigings nie. Net… ingegaan. Lukas vertel hoe Jesus in ’n sekere dorp ingekom het, en hoe ’n vrou met die naam van Marta Hom in haar huis ontvang het. Haar huis, haar spasie, en haar verantwoordelikheid....
’n Kruik Vol Stilte
Sy het alleen geloop. Nie omdat sy daarvan gehou het nie, maar omdat dit veiliger was. Die son het hoog gehang — die uur terwyl ander vroue reeds klaar water geskep het en terug was in die skadu, besig met hul gesprekke. Sy het gewag vir die hitte, want...
Wanneer God die See Nie Toemaak Nie
Daar is oomblikke in ’n mens se lewe waar bevryding nie klink soos ’n loflied nie, maar soos water wat voor jou oopbreek. Oomblikke waar God nie eers verduidelik of vertroos nie, maar bloot ruimte maak — en jou nooi om te loop. Die Israeliete het nie by die...
Die kuil waar jy nie alleen is nie
Party Bybelverhale ken ons só goed dat ons ophou luister. Daniël en die leeu-kuil is een van daardie stories. Ons hoor dit as kinders, ons sien dit op prente, en iewers raak dit ’n heldeverhaal - Daniël is sterk, God is groot en die leeus is mak. Maar wat as...
Wat lê op die altaar – en wat lê in jou hart
Kom ons begin met ’n eerlike vraag: Het jy al ooit die regte ding gedoen, maar met die verkeerde gesindheid? Jy was daar. Jy het opgedaag. Jy het gemaak asof alles reg is. Maar binne-in jou was dit nie. Dit bring ons nou by die storie van Kain en Abel. Kain...
Waak, want Ek kom soos ’n dief
Ons leef in ’n tyd waarin die Here nog genade aanbied en die evangelie aan alle mense verkondig word. Paulus herinner ons in 2 Korintiërs 6:2 dat God sê: “Nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is dit die dag van heil.” Dit is die tyd waarin God roep,...
Meer Water in die Skuit as Geloof in die Hart
In Matteus 8:23–27 lees ons van die gebeurtenis waar Jesus saam met sy dissipels in die skuit klim. Jesus klim in die skuit, en sy dissipels volg Hom. Geen waarskuwing of verduideliking nie – net gehoorsaamheid. En dan, sonder aankondiging, bars ’n groot...
Geleende geloof
Die verhaal van die verlamde man in Markus 2:1–12 en Lukas 5:17–26 het ’n diep betekenis. Daar is baie verskillende interpretasies wat ’n mens kan gebruik soos die Heilige Gees dit vir jou oopbreek. Die huis waar in Jesus was, was vol. Nie leeg en koud nie,...









































