Welkom by ons winkel
Welkom
Welkom by my webtuiste waar ek die boeke deel wat God op my hart gelê het om te skryf. My skryfwerk het begin met die reeks “Handleiding vir die Lewenspad”, maar het met tyd uitgebrei na ander boeke en dagstukkies wat almal dieselfde doel het: om mense te help groei in hulle verhouding met God en om vry te leef in Sy seëninge.
Handleiding vir die Lewenspad
Die reeks “Handleiding vir die Lewenspad” is ’n versameling boeke vir elke Christen wat begeer om los te breek van bindinge wat die vyand oor hulle lewe mag hê en om die onvoorwaardelike seëninge van ons Hemelse Vader te ontvang.
God het reeds aan ons die gereedskap gegee om die oorvloed uit Sy hand te ontvang. Hierdie reeks help gelowiges om God se Woord beter te verstaan en toe te pas in hulle daaglikse lewe.
Matthéüs 24:13 sê:
“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.”
Ander boeke
Benewens hierdie reeks het ek ook ander boeke geskryf wat fokus op verskillende aspekte van die Christelike lewe, geloof en geestelike groei. Elke boek is bedoel om mense te bemoedig, leiding te gee en hulle te help om nader aan God te leef.
Ek sien myself net as ’n instrument wat God gebruik om Sy Woord en leiding met ander te deel.
Die Woord van God – jou swaard
In Eségiël 34:31 sê die Here:
“En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.”
God se Woord is ons swaard. Net soos ’n kryger sy swaard slyp, moet ons ook tyd maak om die Woord van God te bestudeer en in ons harte te bêre, sodat ons altyd gereed kan wees vir elke aanval van die vyand.
Boeke reeds beskikbaar
– Harde kopie –
-

Behind Closed Doors
R145.00 -

Binnekamergewoontes
R145.00 -

Die Stem Agter Stilte
R145.00 -

Die Waarheid Agter Depressie Volgens Die Bybel
R145.00 -

Die Werklikheid Van Die Hel
R145.00 -

The Truth About Hell
R145.00 -

Volume 1 – Kripnotas om die seën uit God se hand te ontvang
R145.00 -

Volume 2 – Wat is redding?
R145.00 -

Volume 3 – Wat is gebed en die waarde daarvan?
R145.00 -

Volume 4 – Hoe om die vrede van God te ervaar
R145.00 -

Volume 5 – Die doel van vergifnis en hoe om dit in besit te neem
R145.00 -

Volume 6 – Hoe Om Geestelik Te Groei
R145.00 -

Volume 7 – Die Geheim Daarin Om Te Gee
R145.00