Volume 2 – Wat is redding?
R145.00
Die lewe is ‘n gejaag, en almal struikel so nou en dan as jy nie versigtig en waaksaam is nie. In die haas van die lewe is mens geneig om op die ingewing van die oomblik die verkeerde besluite te neem. Ons moet dit net in gedagte hou dat dit nie gaan oor hoe hard jy val nie, maar hoe jy na die tyd daar opstaan en jouself afskud om aan te gaan. Ons moet met ‘n oorwinningsmentaliteit rondloop.
E-BOEK BINNEKORT BESKIKBAAR
Flat Shipping Fee: R99
Die lewe is ‘n gejaag, en almal struikel so nou en dan as jy nie versigtig en waaksaam is nie. In die haas van die lewe is mens geneig om op die ingewing van die oomblik die verkeerde besluite te neem. Ons moet dit net in gedagte hou dat dit nie gaan oor hoe hard jy val nie, maar hoe jy na die tyd daar opstaan en jouself afskud om aan te gaan. Ons moet met ‘n oorwinningsmentaliteit rondloop.
Jy moet met trots kan sê: “Met my God spring ek oor ‘n muur en met my God loop ek ‘n bende storm”. Moet nie toelaat dat die vyand kom en jou verslind in sy leuens nie, want hy is die vader daarvan. Ons besluite, doen en late beïnvloed nie net jou en my lewenswandel nie, maar die lewenswandel en uitkoms van ons kinders en nageslag ook.
Mag die reeks “Handleiding vir die Lewenspad” jou die nodige wysheid en insig gee en nader trek aan God se troonkamer, sodat jy kan leer om volgens die Gees te lewe en nie volgens die vlees nie, want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.

Reviews
There are no reviews yet.