Volume 4 – Hoe om die vrede van God te ervaar
R145.00
Die vrede van God is ’n diepgaande en blywende
toestand van rus en sekerheid wat nie afhanklik
is van uiterlike omstandighede nie. Dit is ’n vrede
wat alle verstand te bowe gaan en wat slegs deur
’n verhouding met God verkry kan word. Anders as
die vrede wat die wêreld bied, wat dikwels tydelik en
wisselvallig is, is God se vrede ’n vaste en onwrikbare
realiteit wat die hart en gees van die gelowige bewaar.
Die Skrif bevestig dat hierdie vrede nie bloot ’n
emosionele toestand is nie, maar ’n aktiewe bewaring
van die hart en gedagtes van diegene wat hul vertroue
in God plaas.
Ware vrede is nie bloot die ontbreking van bekommernis
nie, maar eerder ’n diep innerlike sekerheid
wat ons harte en gedagtes bewaar. Dit is die vrede
wat kom wanneer ons kies om vertroue te plaas in
die Een wat sorg. Dit is nie iets wat ons op ons eie
kan bewerkstellig nie, maar ’n belofte wat ons ontvang
wanneer ons ons bekommernisse in geloof aan
God oorgee.
E-BOEK BINNEKORT BESKIKBAAR
Daar is ’n sagte soort verlange wat in elke mens
woon. ’n Smagting na stilte te midde van die geraas,
na rus in die omgang van die lewe. In ’n wêreld waar
donderweer soms meer vertroud is as voëlsang, waar
menslike harte moeg en bewend voortsloer, waar
krisisse en innerlike onsekerheid stap, daar waar ’n
woord van vrede soos reën op dor grond val.
Ons soek dit oral. In die arms van geliefdes, in ’n warm
kombuis op ’n reënerige dag, in die ritme van musiek,
die gly van ’n pen oor papier, en selfs ’n asemteug
van vars berglug. Maar dikwels, so vinnig soos wat
ons dit vind, glip dit weg soos mis wat optrek met die
son, en ons laat met verlange na iets wat blywend is.
Die waarheid is egter dat die wêreld se vrede broos
is, dit is afhanklik aan seisoene, opinies, en alles
wat verander.
Daar ís ’n vrede wat nie kan breek nie, ’n stilte wat die
storm nie kan steel nie, ’n rus wat nie afhang van ons
vermoë om dinge reg te kry nie, maar wat rus in die
karakter van ’n God wat nie verander nie. Dié vrede is
nie ’n vlug van die lewe af nie, maar ’n lig wat in die
lewe skyn, selfs in die donkerste valleie. Hierdie boek
is ’n uitnodiging om daardie vrede te ontdek.





Reviews
There are no reviews yet.