Volume 3 – Wat is gebed en die waarde daarvan?

R145.00

Dit wat ek in my boeke skryf ontstaan uit persoonlike ondervinding en met behulp van die Heilige Gees. Dit gaan oor jou persoonlike verhouding met die Gees van God. Die een ding wat die Vader vir Sy mense probeer sê deur hierdie boeke, is dat Hy elke persoon wil leer hoe om te word soos Hy vir ons in Sy Skeppingsdoel beplan het.

As ek uit myself vir julle kan vertel oor watter groot en wonderlike God ons dien, dan is ek sprakeloos. Daar is geen woorde wat God se glorie kan beskryf nie. Maak nie saak hoe geleerd jy is of die beste woorde wat ookal oor jou lippe kan gaan nie, dit sal nie genoeg wees om Hom te beskryf nie.

E-BOEK BINNEKORT BESKIKBAAR

Category:

Dit wat ek in my boeke skryf ontstaan uit persoonlike ondervinding en met behulp van die Heilige Gees. Dit gaan oor jou persoonlike verhouding met die Gees van God. Die een ding wat die Vader vir Sy mense probeer sê deur hierdie boeke, is dat Hy elke persoon wil leer hoe om te word soos Hy vir ons in Sy Skeppingsdoel beplan het. As ek uit myself vir julle kan vertel oor watter groot en wonderlike God ons dien, dan is ek sprakeloos. Daar is geen woorde wat God se glorie kan beskryf nie. Maak nie saak hoe geleerd jy is of die beste woorde wat ookal oor jou lippe kan gaan nie, dit sal nie genoeg wees om Hom te beskryf nie. Al wat God van ons wil hê, is daardie pa-en-kind-verhouding tussen ons en Hom. Dit is al wat Hy soek, net ‘n verhouding, en mense kan dit nie eens vir Hom gee nie. As jy nog nie daar is om God te soek in Gees en in waarheid nie, dan ken jy Hom nog nie. As jy Hom soek, sal jy Hom vind. As jy stil raak voor God, sal jy leer om Sy stem te hoor. As jy die Woord van God vat en jy trek dit so bietjie uitmekaar, en jy sit die gedeeltes bymekaar wat by mekaar pas, dan sal jy sien wat God vir my en jou wil wys. Elke keer wanneer jy God se Woord optel, sal dit vir jou ‘n ander betekenis hê. Jy kan dieselfde gedeelte op vyf verskillende tye lees, en elke keer sal daar ‘n ander dieper verborgenheid daaragter lê. Die enigste rede daarvoor is omdat God se Woord lewendig is. Daar is geen ander boek ooit geskryf wat so lewendig is nie, en daar sal ook nooit weer so ‘n boek wees nie. Ek moet net bylas: al wanneer God se Woord so lewendig is, is wanneer jy een met die Gees is, wanneer jy jouself tot gehoorsaamheid bring en jou vlees onder jou gees plaas, sodat jy God in Gees en in waarheid kan aanbid.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Volume 3 – Wat is gebed en die waarde daarvan?”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.